Cristero-oorlog | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Katolieke, wat tydens die Cristero-oorlog opgehang is | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Meksikaanse regering |
Cristero-weermag | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Plutarco Elías Calles Emilio Portes Gil Joaquín Amaro Domínguez Saturnino Cedillo Heliodoro Charis Marcelino García Barragán Jaime Carrillo Genovevo Rivas Guillén |
Enrique Gorostieta Velarde (†) José Reyes Vega (†) Alberto Gutiérrez Aristeo Pedroza Andrés Salazar Carlos Bouquet Carranza (†) Dionisio Eduardo Ochoa (†) Dámaso Barraza Domingo Anaya (†) Jesús Degollado Guízar Luis Navarro Origel (†) Lauro Rocha Lucas Cuevas (†) Matías Villa Michel Miguel Anguiano Márquez Manuel Michel Victoriano Ramírez (†) Victorino Bárcenas (†) | ||||||
Sterkte | |||||||
70 000 (1927)[1] | 50 000 (1929)[2] | ||||||
Ongevalle en verliese | |||||||
60 000 gesneuweldes[3] | 25 000-30 000 gesneuweldes[3][4] | ||||||
Totaal: Omstreeks 250 000 gesneuweldes[5] en 250 000 vlugtelinge in die VSA[6] (meestal nie-vegtendes). |
Die Cristero-oorlog (Spaans: Guerra Cristera) was 'n burgeroorlog in Meksiko tussen die regering en boeremilisies, wat deur die Rooms-Katolieke Kerk ondersteun is, vanaf 1926 tot 1929. Hierdie opstand was teen antiklerikale bepalings van die Meksikaanse grondwet van 1917, maar asook teen inmenging van die sentrale regering teen die belange van die plattelandse gemeenskappe.
Die Meksikaanse Rewolusie was die grootste rebellie in die geskiedenis van Meksiko. Dit was veroorsaak deur die boere se oorweldigende vraag na land en vir sosiale geregtigheid. Die Rooms-Katolieke Kerk was versigtig om die rewolusie nie te ondersteun nie, wat by tye gedreig het vir die eiendomsreg van baie Meksikaners. Maar egter het die Calles' administrasie sy rewolusionêre hervormings ten opsigte van private eiendom, openbare onderwys en sosiale hervorming deur die Kerk bedreig gevoel. As 'n oplossing vir die kerk se invloed oor die Meksikaanse bevolking is antiklerikale klosules in die Grondwet aanvaar, waarmee 'n 10 jaar-lange vervolging van Katolieke, wat sal lei tot die dood van duisende mense, begin het.
Tydens die Meksikaanse Rewolusie het die ateïstiese president Plutarco Elías Calles antiklerikale bepalings in die grondwet van Meksiko bygevoeg om die Rooms-Katolieke Kerk en sy geaffilieerde organisasies te onderdruk. Ná 'n tydperk van vreedsame protes teen die grondwet en regering het in 1926 skermutselings en in 1927 gewelddadige opstande begin.[7] Die rebelle het hulself Cristeros genoem, in oproep van Jesus Christus onder die titel van "Cristo Rey" of Christus die koning. Die oorlog is veral bekend vir die wapensmokkelary deur vroue en vir predikante, wat gemartel en vermoor is in die openbaar en later deur pous Johannes Paulus II heilig verklaar is.
Die oorlog het pous Pius XI se aandag getrek, wat tussen 1925 en 1937 'n aantal van pouslike ensiklieke geskryf het. Op 11 Desember 1925 het die pous Quas Primas oor die instelling van die Fees van Christus die Koning uitgereik. Op 18 November 1926 het hy Iniquis Afflictisque oor die vervolging van die Kerk in Meksiko uitgereik, waarin hy die gewelddadige anti-klerikale Kerkvervolging veroordeel.[8] Ten spyte van die regering se belofte aan die kerk, het die vervolging van die Katolieke voortgegaan. In reaksie hierop het pous Pius XI op 29 September 1932 Acerba Animi uitgereik.[8][9] Nadat die vervolging voortgegaan het, het hy Firmissimam Constantiam uitgereik en daarin sy teenkanting teen die "goddelose en korruptiewe skool" uitgedruk (bl. 22) en sy ondersteuning vir die Katoliese Aksie in Meksiko vir die derde agtereenvolgende keer met die gebruik van die plenaire toegewing op 28 Maart 1937.[10]